ons troue
Willie & Dera
20 April 2024

Ons Storie
Ons het ontmoet, gevoelens was wedersyds en nou gaan ons trou. As jy nogsteeds nuuskierig is, gaan jy maar moet kom vra. Dera is maar al te gretig om te vertel!
Dera van der Walt
Gebore en getoë in ‘n huis vol liefde en hoë standaarde, is Dera ‘n vrou van onwrikbare karakter. Met ‘n sorgsame gees en deernis is sy altyd gereed om ander te omhels met liefde, warmte en vriendelikheid en nou so ook haar eggenoot.

Willie Venter
Willie is ‘n man wie se warmte en vriendelikheid die essensie van goedheid beliggaam. As ‘n ware heer, sal Willie se egtheid en vreugde hom ‘n wonderlike byvoeging maak tot Dera se lewe.
Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die Here verkry.
spreuke 18:22

Wat moet ek weet?
Waar om te bly
Verblyf is beskikbaar by die onthaal lokaal self, maar daar is ook 'n wye verskeidenheid van verblyf opsies in en om Parys.
Klik gerus op die skakels hieronder vir 'n aanduiding van wat beskikbaar is.
Wat om aan te trek
Semi-formele drag sal deug, maar onthou jy gaan nog die aand moet kom dans, so sorg dat jy gemaklik is.
Neem kennis dat ons in 'n bos trou en dat jou hoëhakskoene jou in die steek kan laat. Trek asb skoene aan waarmee jy op sagte grond sal kan loop.
Ons gaan partytjie
Terwyl die nuwe paartjie bietjie foto's neem na die seremonie, gaan die gaste uitspan op die ruim grasperke van Stonehenge River Lodge.
Wanneer die nuwe mnr. en mev. Venter dan weer by ons aansluit, gaan ons heerlik saam kuier en na die kosbare woorde van almal se toesprake, gaan ons die res van die aand weg dans!
Hoe lyk die pad
Daar is 'n kort tweespoor paadjie na die seremonie in die bos, maar met geduld sal enige sedan die pad kan baas raak.
Die Kopjeskraalpad na Stonehenge is geteer, maar wees bedag op slaggate.
Spys & Drank
Ons nooi jou graag om saam met ons die bruilofsmaal te geniet en saam fees te vier.
Daar sal ook 'n kontantkroeg beskikbaar wees vir die manne wat nie te vinde is vir die vrugtesap op die tafel nie.
Sien ons jou daar?
Volg asb die link wat ons vir jou gestuur het via Whatsapp om te RSVP voor 2 Feb 2024. Ons kan nie wag om saam jou te kuier nie!

Waar & Wanneer
Die Seremonie
- Saterdag, 20 April, 2024
- 14:30 vir 15:00
- Shiloh Shalom
- Parys
Die Onthaal
- Saterdag, 20 April, 2024
- 18:00 tot baie laat
- Stonehenge River Lodge
- Parys